Template:/Jongste Nuus

From Wikimedia ZA
(Difference between revisions)
Jump to: navigation, search
Line 1: Line 1:

{{/WLM_Int_2014_af}}

{{/WMF JV}}

{{/WMF JV}}

Revision as of 13:46, 26 January 2015

Wiki Loves Monuments 2014 - Internasionale Kompetisie

Hierdie jaar het die 'Wiki Loves Monuments' kompetisie 'n totaal van 242,344 inskrywings ontvang. 7,498 deelnemers van regoor die wêreld het deelgeneem!

Die eerste prys is toegeken aan Konstantin Brizhnichenko vir 'n foto van 'n Klooster in die Ukraine.

Gaan loer gerus na al die wenners, asook die 10 beste inskrywings van elke deelnemende land op die Commons Webblad.

Wikimedia Stigting Jaarverslag 2013/2014

WP Knowledge.png

"We believe that knowledge is a foundation. It is a foundation for human potential, a foundation for freedom, a foundation for opportunity".

"Knowledge is powerful. A country or community that has better access to knowledge is more likely to be healthy, more likely to be free, more likely to be happy.Unfortunately, access to knowledge is not equal. In some places, people cannot afford to access it, in others, it is censored or constrained."

Die Jaarverslag van die Wikimedia Stigting is pas vrygestel. Lees 'n paar interessante Wikipedia statistieke vir die 2013/2014 periode.

Afrikaans Wikipedia - Onderhoud op RSG

Wikipedia-logo-af.png

Het jy geweet dat die Afrikaanse Wikipedia 13 jaar oud is en meer as 34 000 artikels bevat!

Leer meer oor die Wiki in 'n onderhoud op RSG.

7de 'Wiki Meetup' - Kaapstad

Truth Koffiewinkel, 36 Buitenkant Straat, Kaapstad Town

Die 7de 'Wiki Meetup', die eerste een vir 2015 sal plaasvind op Sondag, 1 Februarie 2015. As jy in die omgewing is, sal ons jou graag daar wil sien.

Vir verdere inligting, besoek asseblief die bladsy op Wikipedia.

Waar: Truth Koffie, 36 Buitenkant Str, Kaapstad
Datum: Sondag, 1 Februarie 2015
Tyd: 11:00 - 14:00

Wiki Loves Monuments Toekenningsaand

Wiki Loves Monuments Award Ceremony

Die wenners van die Wiki Loves Monuments foto kompetisie is vereer by die gala geleentheid op Saterdag, 1 November 2014.

Wenners en ander belangstellendes het by die Slawe Kerk in Long Straat, Kaapstad bymekaar gekom om hulle pryse te ontvang. Ons wil graag almal bedank wat die geleentheid bygewoon het, en 'n spesiale woord van dank aan al die beoordelaars wat die moeilike taak gehad het om die wenners te kies. Ook 'n groot dankie aan al ons borge!

• Al die fotos ingestuur vir die 2014 Suid Afrika Kompetisie kan hier gevind word.

Hierdie jaar is 'n totaal van 242,344 inskrywings ontvang deur 7,498 deelnemers.

Onthou - net 291 dae oor tot die begin van Wiki Loves Monuments 2015!

Algemene Jaarvergadering

Die AJV van Wikimedia ZA het plaasgevind op Saterdag, 1 November 2014. 'n Woord van dank aan al die lede wat dit bygewoon het.

'n Afskrif van die notule kan hier besigtig word. Besoek gerus hierdie skakel om meer uit te vind oor ons projekte en planne vir die pad vorentoe.

'n Paar Hoogtepunte :

Verteenwoordiging van Afrikaans

Vir die eerste keer in die geskiedenis van WMZA, het ons 'n Afrikaans-sprekende Direkteur aangestel as Direkteur. Ons wil graag al die tale in Suid Afrika verteenwoordig, en ons voel dat die Afrikaanse wiki 'n belangrike deel van die wiki-gemeenskap is.

Direkteure

Directors 2014 2015.png

'n Hartlike verwelkoming aan Deon Steyn en Pria Chetty wat verkies is as Direkteure. Die raad vir die 2014/2015 periode is saamgestel as volg :

• President - Douglas Scott
• Bobby Shabangu
• Dumisani Ndubane
• Pria Chetty
• Deon Steyn
• Isla Haddow-Flood

Baie geluk aan Douglas met sy verkiesing as President!

Lidmaatskap

Lidmaatskap fooie is vasgestel op R 30.00 per jaar.

Lewenslange lidmaatskap fooie is vasgestel op R 300.00.

Indien u graag 'n lid van Wikimedia ZA wil word, stuur asb 'n e-pos aan Die Administrateur.

Personal tools
Namespaces

Variants
Actions
Organization
Get Involved
Wikimania 2018
Connect
Toolbox