Template:/Jongste Nuus
7de 'Wiki Meetup' - Kaapstad
Die 7de 'Wiki Meetup', die eerste een vir 2015 sal plaasvind op Sondag, 1 Februarie 2015. As jy in die omgewing is, sal ons jou graag daar wil sien.
Vir verdere inligting, besoek asseblief die bladsy op Wikipedia.
- Waar: Truth Koffie, 36 Buitenkant Str, Kaapstad
- Datum: Sondag, 1 Februarie 2015
- Tyd: 11:00 - 14:00
Wiki Loves Monuments Toekenningsaand
Die wenners van die Wiki Loves Monuments foto kompetisie is vereer by die gala geleentheid op Saterdag, 1 November 2014.
Wenners en ander belangstellendes het by die Slawe Kerk in Long Straat, Kaapstad bymekaar gekom om hulle pryse te ontvang. Ons wil graag almal bedank wat die geleentheid bygewoon het, en 'n spesiale woord van dank aan al die beoordelaars wat die moeilike taak gehad het om die wenners te kies. Ook 'n groot dankie aan al ons borge!
- Wenner: Women's Memorial Under Rainy Sky deur Leanri van Heerden
- Tweede Prys: R Aspeling Union Buildings deur Robbie Aspeling
- Derde Prys: Old Dovecote. Farm Onverwacht, (Die Bos), Somerset West. deur Chris Snelling
- Beste Foto van 'n Voorgestelde Monument: Anglo Boer War Memorial deur Vicki Pilcher
- Tweede Beste Foto van 'n Voorgestelde Monument: Shepherds hut, West Coat National Park deur Lucinda Jolly
- Beste Inskrywing - Weskaap: Middle North Battery Simon's Town 9 inch Gun firing 24th September 2014 deur Shane Swartz
- Tweede Beste Inskrywing - Weskaap: Verloren Vlei Heritage Village, Elands Bay 3 deur Andrew Hall
- Al die fotos ingestuur vir die 2014 Suid Afrika Kompetisie kan hier gevind word.
- Al die internasionale fotos van 2014 kan hier gevind word.
Hierdie jaar is 'n totaal van 242,344 inskrywings ontvang deur 7,498 deelnemers.
Onthou - net 291 dae oor tot die begin van Wiki Loves Monuments 2015!
Algemene Jaarvergadering
Die AJV van Wikimedia ZA het plaasgevind op Saterdag, 1 November 2014. 'n Woord van dank aan al die lede wat dit bygewoon het.
'n Afskrif van die notule kan hier besigtig word. Besoek gerus hierdie skakel om meer uit te vind oor ons projekte en planne vir die pad vorentoe.
'n Paar Hoogtepunte :
Verteenwoordiging van Afrikaans
Vir die eerste keer in die geskiedenis van WMZA, het ons 'n Afrikaans-sprekende Direkteur aangestel as Direkteur. Ons wil graag al die tale in Suid Afrika verteenwoordig, en ons voel dat die Afrikaanse wiki 'n belangrike deel van die wiki-gemeenskap is.
Direkteure
'n Hartlike verwelkoming aan Deon Steyn en Pria Chetty wat verkies is as Direkteure. Die raad vir die 2014/2015 periode is saamgestel as volg :
- President - Douglas Scott
- Bobby Shabangu
- Dumisani Ndubane
- Pria Chetty
- Deon Steyn
- Isla Haddow-Flood
Baie geluk aan Douglas met sy verkiesing as President!
Lidmaatskap
Lidmaatskap fooie is vasgestel op R 30.00 per jaar.
Lewenslange lidmaatskap fooie is vasgestel op R 300.00.
Indien u graag 'n lid van Wikimedia ZA wil word, stuur asb 'n e-pos aan Die Administrateur.
Wiki Loves Africa - Afrika Geregte op Wikipedia
Wiki Loves Africa is 'n jaarlikse kompetitisie wat mense regoor Afrika (en oor die wêreld) nooi om die diversiteit, rykdom en kompleksiteit van ons kontinent te vier.
Die tema van 2014 is Kos'. Jy kan deel wees van die kompetisie deur foto's, video's of klankbane in te stuur wat verband hou met enige tradisionele gereg of die voorbereiding daarvan. Enige media wat verband hou met die produksie en die verbruik van voedsel, wat gebruik kan word om Wikipedia artikels te verryk.
Die kompetisie begin op 1 Oktober en eindig op 30 November 2014.
Vir meer inligting, besoek gerus Wiki Loves Africa